send link to app

Sasol Natuurlewe vir Beginners (Volle Weergawe): Blitsfeite, foto's en video's van 46 Suider-Afrikaanse diere


4.2 ( 8832 ratings )
Nachschlagewerke Bildung
Entwickler App Developer Studio Cc
3.99 USD

** ’n Korter weergawe van die toep kan verniet afgelaai word, met die opsie van ’n in-toep aankoop van die volle weergawe.
--------------------------------------------

Het jy geweet?

• Die olifant se naaste lewende familielid is die dassie.
• n Nonnetjie-uil maak glad nie hoe-geluide nie.
• Die leerrugskilpad kan vir meer as n uur onder water bly voordat dit moet opkom om asem te haal.

Leer meer interessante feite oor die natuurlewe wat in Afrika se diereryk voorkom met behulp van die Sasol Natuurlewe vir Beginners toep.

Die toep is handig en maklik om te gebruik, en is n ryk bron van inligting oor diere wat jy heel waarskynlik op n staptog óf in n nasionale park of naturreservaat óf selfs in jou tuin of woonbuurt sal teëkom.

Suider-Afrika mag wel beroemd wees vir sy ikoniese Big 5, maar die streek is net so bekend vir sy groot verskeidenheid natuurlewe – van die kleinste spinnekop tot die mees manjifieke voël.

Hierdie toep is hoogs geskik vir beginners sowel as besoekers aan die streek. Dit sluit in pragtige fotos, videos diereroepe, kaarte en maklik leesbare teks oor Suider-Afrika se natuurlewe (insluitend die bewaringstatus van elke spesie).

HOOFKENMERKE
• Maklik om te gebruik, navigeer en soek
• Bevat 46 spesies
• Ongeveer 240 fotos
• Videos and diereroepe is ingesluit, waar beskikbaar